Parsek

Die afstand tussen die son en 'n ander ster word bereken deur van parallaks gebruik te maak.

’n Parsek is ’n afstandseenheid wat in die sterrekunde gebruik word. Een parsek is 3,26 ligjare, wat net minder is as 31 biljoen (3.1×1013) kilometer. Dit is die afstand wat gemeet word as die gemete hoek α in die tekening aan die regterkant 1 boogsekonde (1/3600°) is.

Die term is in 1913 geskep as ’n afkorting van "’n afstand wat ooreenstem met ’n parallaks van een sekonde".[1]

  1. Dyson, F.W., Stars, Distribution and drift of, The distribution in space of the stars in Carrington's Circumpolar Catalogue. In: Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, Vol. 73, bl. 334-342. Maart 1913. [1]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search